
=====================================================================
Rekenaar help Afrikaansleerders (AV 6:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Rekenaar help Afrikaansleerders

  Die Universiteit Vista het 'n unieke produk: 'n CD-ROM vir die aanleer van Afrikaans. Nerina Bosman vertel meer hieroor.   INSTAP is 'n 
multimediarekenaarprogram vir gebruik op tersire vlak deur tweedetaalaanleerders van Afrikaans. Die program is ook geskik vir mense wat op 
meer gevorderde vlak hulle Afrikaans wil verbeter, d.w.s. mense wat nie 'n beginnerskursus wil volg nie. So 'n kursus is byvoorbeeld geskik 
vir Nederlandstaliges.

Di rekenaarprogram, die eerste in sy soort in Suid-Afrika, is ontwikkel deur 'n hele span medewerkers. Instap het sy bestaan te danke aan 
die werk en toegeneentheid van 'n Vlaamse hoogleraar, prof. Lut Baten. Sy beklee tans 'n dubbele leerstoel aan die Katholieke Universiteit 
van Leuven. Op haar uitnodiging het Vista se departement Afrikaans deel geword van die MULTITAAL-projek wat deur die Vlaamse Gemeenskap 
gesubsidieer word. Die bedoeling is dat die Afrikaanse produk as prototipe vir beginnerskursusse in Zoeloe, Sotho en later ook die ander 
inheemse tale van Suid-Afrika sal dien. 'n Programontwikkelingsdop en die Vlaamse studenteprogram Instap Nederlands is kosteloos aan ons 
beskikbaar gestel. Prof. Baten beplan ook om die Afrikaanse Instap te gebruik by die Instituut voor Levende Talen in Leuven vir studente 
wat daar Afrikaans wil leer. By Vista beplan ons om nog 'n beginnersprogram te ontwikkel.

Die werk aan Instap is behartig deur 'n hele span medewerkers:Lut Baten (Belgiese kordineerder), Daan Wybenga (kreatiewe kordineerder), 
Gert Jooste (administratiewe kordineerder), Bert de Coutere (stelselingenieur), Lucas Venter (tegniese konsultant) en Nerina Bosman 
(finale afronding en redigering). Ander lede van Vista se departement Afrikaans (Amalia Henning, Matilda Smith, Karin Cattell, Gerda 
Taljaard), vertalers, tegnici, proeflesers en kunstenaars het ook meegewerk.

Instap is ontwikkel om binne 'n tipiese eerstejaarleergang te pas. Die teikengroep is tweedetaalleerders wat Afrikaans vir akademiese 
doeleindes aanleer. Om di rede het die leerder toegang tot vertalings van alles in die program in Engels, Zoeloe en Nederlands. 'n 
Sothovertaling word beplan.

By Vista gebruik ons Instap om ons formele lesings aan te vul. Die program word gebruik saam met twee ander komponente, Taalreis, 'n 
taalkundewerkboek, en Taxi, 'n versameling kortverhale. Die rekenaar word ingespan om die dosent vry te stel van sleurwerk soos oefeninge 
nasien, en dit stel die leerder in staat om op sy eie te vorder en te leer. 'n Bykomende voordeel is dat leerders nader kennis maak met die 
rekenaar.

Die program het tien hoofstukke. Elke hoofstuk bestaan uit die volgende: dialoog of dialo waarna ook geluister kan word, woordeskat, 
grammatika (hoofsaaklik morfologie en sintaksis), vaardighede (veral luister, lees- en skryfvaardighede), funksies (groetformules, die maak 
en weier van 'n aanbod, ens.) en oefeninge. Die program skenk ook aandag aan metakognitiewe vaardighede soos woordeboekgebruik en 
leesstrategie. Van groot waarde is die baie oefeninge en toetse waaraan 'n leerder sy vordering kan meet. Leerders kry deurgaans 
terugvoering en wenke, behalwe in die hersieninglesse, waar hulle terugverwys word na die vorige lesse as hulle nie die mas opkom nie.

Leerders wat min belang by grammatika het en slegs kommunikatiewe vaardighede wil bybring, kan op die funksie- en vaardigheidskomponente 
konsentreer. Die program het voorts 'n woordeboek met vertalings in Engels, Zoeloe en Nederlands en 'n studentenotaboek, waarin die student 
sy eie aantekeninge kan skryf.

Met die opstel van die leksikon (die woordeboek) het ons probeer om so gebruikers- en leerdersvriendelik as moontlik te wees. Elke woord in 
die leksikon is vertaal in Engels, Zoeloe en Nederlands en voorsien van uitspraak- en morfologiese inligting soos meervoud en verkleining. 
Tipiese samestellings en afleidings word ook gegee, asook kontekstuele voorbeeldsinne.

Die leksikon is op twee maniere bereikbaar. Ten eerste kan die leerder op die woordeboekikoon klik en dan die woord naslaan deur dit in te 
tik. Ten tweede kan die leerder op 'n woord binne 'n les klik. Hy kan dan na die uitspraak luister, 'n vertaling vra, die hele inskrywing 
kry en dit ook in sy notaboek laat inskryf. By woorde soos lidwoorde en voegwoorde wat ingewikkelder grammatikale implikasies het, is dit 
ook moontlik om direk na die betrokke grammatika-afdeling te beweeg. Indien 'n leerder op 'n afgeleide vorm klik, kry sy outomaties die 
stamvorm waarby die afgeleide vorms ook verskyn, tensy die afgeleide vorm as afsonderlike lemma opgeneem is.

Die leksikon bestaan uit ongeveer 3,000 lemmas. Dit sluit kernwoordeskat volgens die lyste van Kroes en Barnes in, maar bevat al die woorde 
wat in die dialo gebruik is.

Die CD-ROM is selfinstallerend en vereistes is Windows 95 of hor, 'n kleurskerm en luidsprekers.

Met hierdie program lei ons ons studente in die wreld van die rekenaar in (iets wat hoegenaamd nie vanselfsprekend is in die gemeenskap 
wat ons bedien nie) en wys ons dis pret om Afrikaans te leer! Dr. Nerina Bosman is 'n senior lektor aan die Universiteit Vista, Mamelodi 
kampus. E-posadres: bsman-n@marlin.vista.ac.za
---------------------------------------------------------------------
Ons het onlangs 'n brief van Lut Baten oor hierdie projek gekry. Ons plaas haary brief net so hieronder:

Baie dankie vir die mooi bydrage or InStap!Afrikaans. Wil hulle die url toevoeg? http://www.multitaal.com/. Verder wil ek ook nog s dat 
ek 'n hoofddocent is en nie 'n hoogleraar nie.

Tenslotte wil ek vra 'n aanvulling te skryf. Die werkskrif is nie enkel 'n notitieboekie nie. Dit is ook 'n automaties generator van 
oefenings. Die student kan 4 soorte oefenings maak op self geselecteerde woorde. Die rekenaar gaan die automaties aanmaak, met telkens 
verskillende afleiders. Die oefening es, soos gekozen, op spelling, betekenis, context of uitspraak. Daar is 'n systeem wat bijhoudt wat 
die student goed gemaak het. Wat na 3 keer en een bepaalde tyd nog korrekt ingevul wor is automatis verwijder van die werkskrif.

Baie dankie, Lut Baten.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av639.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000, 2001         Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1999 /// Streef na onafhanklikheid van politieke gees. (AV 6:3) 
/// Troukoors (AV 6:3) /// Afrikaans bring die Woord aan Kung-praters (AV 6:3) /// Brief uit Murraysburg (AV 6:3) /// Ode aan my 
leermeesteres (AV 6:3) /// Suksesse met onderwysprojekte (AV 6:3) /// Afrikaansdag treffer by Vista (AV 6:3) /// Nuwe woorde uit anderhalwe 
dekade (AV 6:3) /// Rekenaar help Afrikaansleerders (AV 6:3) /// 'Wat ek wil s, kan in Afrikaans ges word' (AV 6:3) /// 'n Omstrede 
veteraan bieg (AV 6:3) /// Vaardig met tong en hand (AV 6:3) /// Dit kook en prut in die taalpot (AV 6:3) /// Johan Combrink was 'n 
DOENmens (AV 6:3) /// Gevangene (AV 6:3) /// George doen ding vir Afrikaanse reklame (AV 6:3) /// Leeslus het losgekom -- Internet gee 
koopnuus (AV 6:3) /// Gee swaarkry van Oorlog nuwe sin (AV 6:3) /// 'O moedertaal ... jou het ek lief bo alles ...' (AV 6:3) /// Waardeer 
mekaar se verdienstes (AV 6:3) /// Kalklig-dief (AV 6:3) /// IiLwimi wil taalregte en veeltaligheid uitbou (AV 6:3) /// Wenners munt uit 
met raaks-Afrikaans (AV 6:3) /// Baksel in die winter (AV 6:3) ///

